AMPPOL IT Linux CD's & DVD's Kontakinligting / Roetekaart Hoe om die skywe te kry / Pryslys Aangaande Linux

info@pawinski.co.za - 083 795 4029 - 011 888 5856

Linux MascotLinux MascotLinux MascotLinux Mascot Click here to buy Linux
CD's

Gratis steundiens beskikbaar vir opstelling

Enkele CD's kos vanaf R30.00 DVD's kos vanaf R50.00 elk

Kliek hier om jou CD's of DVD's te koop

Click here to read this webpage in English

Linux-bedryfstelsel. Bel en afhaal in Johannesburg. Of ons pos dit per koerier landwyd.

Kontakinligting / Roetekaart





Mandriva Linux

Mandriva Linux is die beste keuse vir beginners. Dis ideaal vir 'n tuis-/kantoorrekenaar. Mandriva installeer in 'n japtrap met net 'n paar muisaksies. 'n Mens kan dit gewoonlik binne sowat 20 minute installeer. Die grafiese koppelvlak is eenvoudig en verstaanbaar. Die CD bevat 'n gratis kantoorsuite (OpenOffice), wat die program Impress insluit (soortgelyk aan PowerPoint). Daar is ook verskeie MP3-spelers en hope gratis speletjies op die CD. Mandriva word aanbeveel vir toetree-gebruikers, maar dit is nietemin kragtig genoeg om vir 'n bediener te gebruik. Mandriva Club hier. Vir beginners tot gevorderde gebruikers.





openSuse

Die openSUSE projek is `n weld wye gemeenskaps program wat deur Novell geborg work, e n die gebruik van Linux te adverteer. Die program bied enige iemand met vrye en makli ke toegang tot die wereld se mees bruikbare Linux distribusie, openSUSE Linux. Danksy die YAST opstellingsprogram is dit ook maklik om te installeer en voortdurend by te werk. YAST is ook nuttig vir die opstel van nuwe hardeware en enige ander nutsprogramme soos die opbelverbindings en brandmure. Vir beginners tot gevorderde gebruikers.




Dis 'n kompakter weergawe van Suse 9.1 Professional, wat OpenOffice insluit. Dis ook maklik om dié persoonlike pakket in 'n doelgemaakte professionele weergawe te omskep, danksy die grafiese YAST2 of RPM's. 


Suse Live





Fedora

Die Fedora-projek is oopbronprojek wat deur Red Hat geborg en deur die gemeenskap bedryf word. Dit dien ook as toetsarea vir nuwe tegnologie wat dalk later deel van die Red Hat-produkreeks sal uitmaak. Die Red Hat-maatskappy bied egter geen steundiens vir dié produk nie. Die doel van die Fedora-projek is om in samewerking met die Linux-gemeenskap 'n volledige bedryfstelsel vir algemene gebruik saam te stel wat uitsluitlik uit vry sagteware bestaan. Die ontwikkeling vind plaas in 'n openbare forum. Fedora is aan die voorpunt van tegnologie. Vir intermediêre tot gevorderde gebruikers.






Red Hat Linux

Hierdie is die gewildste Linux-weergawe in Amerika. Red Hat se gewildheid neem slegs af na mate Fedora s'n toeneem. Dis 'n baie stabiele stelsel wat nog steeds algemeen gebruik word. Red Hat is geskik vir tuis-/kantoorrekenaars maar is ook geskik as bediener. Die CD bevat honderde gratis programme. 'n Mens kan grafies of per bevelreël daarmee werk. Die bedryfstelsel word gratis en outomaties bygewerk met yum en apt. Red Hat verkry steeds bystand van die nagelate projek. Vir beginners tot gevorderde gebruikers.





CentOS




Slackware

Slackware was die eerste Linux-weergawe wat kommersieel beskikbaar was. Dis ook die weergawe wat die meeste op Unix lyk. Vir intermediêre tot gevorderde gebruikers.


Kongoni

Kongoni, a Suid Afrikaanse distro wat Live/Install Slackware CD gebaseer is. Het KDE 4.2.4 en Open Office 3.1.


Debian

Die Debian-projek is 'n vereniging van persone wat graag 'n gratis bedryfstelsel op die been wou bring. Die bedryfstelsel se naam is Debian GNU/Linux, of sommer net Debian. Die Debian-stelsel gebruik tans die Linux-kern. Wat mense egter wil hê, is toepassingsagteware: programme waarmee hulle kan doen wat hulle wil doen, soos om dokumente te redigeer of om 'n besigheid te bedryf of om speletjies te speel of selfs om nog programme te skryf. Debian is gelaai met meer as 8 000 pakkette (vooraf saamgestelde sagteware netjies ingepak vir gerieflike installering), en dis alles gratis. Debian werk amper soos 'n toring. Onderaan is die kern. Bo-op die kern is al die basiese nutsprogramme. Volgende is daar al die programme wat jy op die rekenaar laat loop. En heel bo-aan op die toring is Debian, wat alles sorgvuldig organiseer en seker maak dat alles mooi in mekaar pas en saamwerk. Danksy die apt-pakket is dit eenvoudig om met Debian te werk. Vir intermediêre tot gevorderde gebruikers.




Ubuntu

Ubuntu as Linux-weergawe spring weg met die voordeel van Debian, 'n gerigtheid op gebruikers en op nutswaarde, en 'n verbintenis tot gereelde sekuriteitsopdatering. Ubuntu kom met die jongste weergawe van Gnome asook 'n verskeidenheid sagteware vir bediener en tuis-/kantoorrekenaars. Vir 'n enkel-CD-weergawe bied dit 'n aangename ervaring. Ubuntu en Kubuntu 9.04 (Jaunty Jackalope) is beskikbaar in Desktop of Alternate vergawes.


MCNLive

Sabayon

Sabayon 3D met aglx, loop lewend van 'n DVD af of kan instaleer word.




Yellow Dog

Yellow Dog vir die Mac (PPC), lyk soos Fedora.




Knoppix Live

Dié Linux-weergawe loop lewend van 'n CD af. 'n Mens hoef niks te installeer nie, maar dit kan wel op die hardeskyf geïnstalleer word. Die lewende weergawe raak nie aan jou hardeskyf nie en maak uitsluitlik van jou rekenaar se geheue gebruik. Dis ideaal vir toetsdoeleindes, as 'n noodstelsel op pad of as jy net wil sien hoe lyk Linux nou eintlik. Die Games Knoppix-CD is propvol speletjies vir kinders en volwassenes. Dis werklik 'n goeie regstreekse CD.





Knoppix STD

Knoppix-STD is 'n doelgemaakte weergawe van die Knoppix Live-CD. Laat jou rekenaar bloot met die CD selflaai, en daar het jy Knoppix-STD. Dié weergawe sluit in 'n doelgemaakte Linux-kern (2.4.21 met pleisters vir NTFS, rw, openmosix en superfreeswan), Fluxbox-vensterreëlaar, ongelooflike hardewarebespeuring en honderde programme. Laat jou rekenaar sonder die CD selflaai, en daar het jy weer jou oorspronklike bedryfstelsel. Knoppix-STD gebruik wel jou rekenaar se krag, sy randapparatuur en 'n bietjie geheue, maar dit raak andersins nie aan jou stelsel nie.

STD fokus meer op inligtingsekuriteit en netwerkbestuursnutsprogramme. Dis is nuttig vir beginners wat meer wil leer oor inligtingsekuriteit, maar dis ook van waarde vir mense in die sekuriteitsbedryf op soek na 'n verskeidenheid nutsprogramme.


Knoppix STD 0.1 (1 CD)


Solaris




Mepis

Danksy die unieke aard van MEPIS Linux is dit die ideale grondslag waarop 'n mens doelgemaakte weergawes van Linux vir grootskaalse ontplooiing kan ontwikkel. Die MEPIS-maatskappy kan ook met integrateurs en eindgebruikerkliënte saamwerk om privaat gehandelsmerkte en optimaal aangepaste Linux-weergawes te ontwikkel.




Freespire

Loop lewend van 'n CD af, maklik om te gebruik, kan ook installeer word.


Freespire 2.0.8 (1 CD) Nuut

Linspire

Loop lewend van 'n CD af, maklik om te gebruik, voel soos Windows, kan ook installeer word.


Linspire 5.0.59

Trixbox

Open Source IP-PBX met trixbox 2.0


Trixbox 2.6.2.1 (1 CD) Nuut

SME Server


SME Server 7.4 (1 CD) Nuut

Basilisk

A Fedora Core 3 regstreekse weergawe met KDE en Gnome 2.8. Loop lewend van 'n CD af.


Basilisk 1.4 (1 CD)

Auditor

Hierdie is nóg 'n regstreekse weergawe wat oorspronklik op Knoppix gebaseer is en nou op KANOTIX gebaseer is, wat ontwikkel is met inligtingsekuriteit in gedagte. Dit kan op die hardeskyf geïnstalleer word. Loop lewend van 'n CD af.





Backtrack

A inligtingsekuriteit weergawe. Loop lewend van 'n CD af. Gebaseer op Slax (Slackware)


Backtrack 3B (1 CD) Nuut

KANOTIX

Hierdie is nóg 'n regstreekse weergawe wat op Debian Sid gebaseer is. Loop lewend van 'n CD af.




Helix

Helix is a "Incident Response & Forensics tools" weergawe. Loop lewend van 'n CD af.




PCLinuxOS

Loop lewend van 'n CD af.




Phlak

A inligtingsekuriteit weergawe. Loop lewend van 'n CD af.


Phlak 0.2.1 (1 CD)

Whoppix

Whoppix fokus op inligtingsekuriteit en netwerkbestuursnutsprogramme. Loop lewend van 'n CD af.


Whoppix 2.6 SP1 (1 CD)

LFS LiveCD

Bou Linux van scratch.




Gentoo

Gentoo Linux is 'n spesifieke soort Linux wat outomaties geoptimeer en doelgemaak kan word vir omtrent enige toepassing of behoefte. Die Gentoo-ervaring word gekenmerk deur uitstekende werkverrigting, instelbaarheid en 'n gebruiker-en-ontwikkelaar-gemeenskap uit die boonste rakke.






Impi

Impi is 'n Suid-Afrikaanse weergawe van heeltemal van meet af deur Suid-Afrikaners gebou is.






Yoper

Yoper is daarvoor bekend dat dit blitsig loop, sonder sukkel. Yoper is bedoel vir tuis-/kantoorrekenaars, hetsy vir mense wat pas na Linux oorgeskakel het of mense wat dit al jare lank gebruik. Die jongste vrystelling (2.1) het 'n beter installeerder wat dit selfs meer gebruiksvriendelik maak. Dit spog ook met nievernietigende partisiëring.


Yoper 3.01 (1 CD) Nuut

Xandros Open Circulation Edition

Die Open Circulation-weergawe omvat al die nuttige kenmerke van die Xandros Desktop OS Standard-, Deluxe- en Business-weergawes. Hieronder tel 'n vier-kliek-installeerroetine met outomatiese skyfpartisiëring, hardewarebespeuring en -opstelling van bedryfsgehalte, naatlose lêer-en-druk-saamdeel op Windows-netwerke, en 'n CD-brander in die Xandros-lêerkyker wat werk met sleep-en-los.





The Open Source Free CD

Die Open Source Free CD bevat 'n verskeidenheid hoë kwaliteit oopbron en vry sagteware vir Windows.

Ook ingesluit op the cd is 'n die Slax Linux Lewendige CD (LiveCD).




OpenOffice

Deesdae word OpenOffice by die meeste Linux-weergawes ingesluit, maar as jy die jongste weergawe wil hê, kan jy dit hier bestel. OpenOffice lees enige soort kantoorsuite-dokument en kan dokumente stoor in 'n Linux-formaat of Windows-leesbare formaat.





the open cd

the open cd is 'n versameling vry en oopbronsagteware van die hoogste gehalte. Die programme werk in Windows en dek die mees algemene take soos woordverwerking, voorleggings, e-pos, webblaaiery, webontwerp en prentredigering. Net programme wat getoets is, wat beslis stabiel is en van die hoogste gehalte is, is op dié CD ingesluit. Dié programme is geskik vir 'n verskeidenheid mense.





Openlab

OpenLab is 'n Linux-weergawe wat bedoel is om 'n wesenlike, positiewe uitwerking op onderwys in Afrika te maak. Dis is 'n dunkliënt-weergawe wat op Slackware gebaseer is. Hoewel dit eintlik ontwikkel is met onderwys in gedagte, is dit ook nuttig vir ander doeleindes, veral ook tuis-/kantoorrekenaars. Van die kenmerke van OpenLab sluit in werkskermtemas vir die maksimum gebruiksvriendelikheid sonder om versoenbaarheid in te boet, geïntegreerde steun vir dunkliënte wat sonder ingewikkelde instelling kan klaarkom, die 2.6-reeks kern vir die maksimum rekenaarwerkverrigting, verskeie DireqLearn-verbeteringe, 'n unieke, eenvoudige en kragtige rekenaaradmin-nutsprogram, KDE en Dropline Gnome.






Lineox


Lineox (DVD)

UBCD


UBCD (1 CD)

Damn Small Linux


DSL 4.4.10 (1 CD)

Smoothwall

SmoothWall Express is 'n oopbron-brandmuur wat op die GNU/Linux-bedryfstelsel gebaseer is. SmoothWall sluit 'n verharde onderdeel van die GNU/Linux-bedryfstelsel in; dis dus nie nodig om 'n aparte bedryfstelsel te installeer nie. Die brandmuur is maklik om te gebruik. Die opstelling daarvan word gedoen via 'n webgebaseerde grafiese koppelvlak, wat vorige ervaring of kundigheid van Linux onnodig maak.





Pryyse




Stuur gerus vir my, Marek, 'n e-pos of skakel my by 083-795-4029 of 011-888-5856 vir bestellings of enige installasienavrae, en of jy in Northcliff, Johannesburg wil kom afhaal. 

Alle prente en teks op hierdie webwerf is, waar van toepassing, handelsmerke van hul onderskeie eienaars.

FAQ
Bepalings en voorwaardes Sect 51 Info Manuals

Kopiereg © 1998-2010 AMPPOL IT Linux CD's & DVD's . All rights reserved.


AMPPOL IT Linux CD's & DVD's
Marek, info@pawinski.co.za